DIE 3 BENNIES

Uit die Vryburg Eeufeesuitgawe:

In die loop van die honderd jaar van HoŽrskool Vryburg se bestaan was die dood van die drie Bennies seker nog die aangrypendste.  Aangesien ons hulle dood nog elke jaar herdenk en dit verewig het deur die Drie Bennies-beker ons hoogste toekenning te maak, het ek dit goedgedink om my lesers terug te voer na daardie skrikwekkende, onvergeetlike dag - Saterdag, 3 Mei 1947.

Ag, sy het nie gesterwe,
maar sy was somer dood:
geen siekte en lange lyding,
geen uur van voorbereiding,
geen dokter met die tyding;
net een, een onweerskoot,
en sy was dood.

(Totius, nadat sy oudste dogtertjie deur die weerlig gedood is.)
 

 

 



DRIE BENNIES HERDENK
Adolph Reyneke en Reza Coetzee, hoofdogter en -seun van Vryburg HoŽrskool lÍ op 4 Mei 2016 Ďn krans by die Drie Bennie Monument op die skoolterrein van VHS. Hiermee word die grusame busongeluk van 69 jaar gelede, waarin die drie seuns, Ben CŁhn, Bennie van Niekerk en Bennie Kruger op 3 Mei 1947 oorlede is, herdenk. Hulle was op pad na Ďn rugbywedstryd teen Christiana toe hulle naby Bloemhof in Ďn botsing met Ďn trein betrokke was. Die busbestuurder, mnr. G van der Linde, is ook in die ongeluk oorlede en nog 8 seuns is ernstig beseer. Die impak hiervan op VHS was so groot dat hierdie persone se nagedagtenis vandag nog geŽer word, enersyds deur Ďn jaarlikse kranslegging by die monument, en andersyds deurdat die skool se hoogste toekenning wat aan die veelsydigste matriekleerder toegeken word, die Drie Bennie-beker, na hierdie drie seuns, toevallig a 3 Bennie, vernoem is. VHS sÍ hiermee ook dankie aan die Hemelse Vader vir elke ander kind wat die afgelope 68 jaar veilig van die bus af klim na sportwedstryde.

SATERDAG, 3 MEI, OM 9 V.M
'n Vragmotor staan voor die Grandhotel, vol opgewonde, lewenslustige jong seuns wat wag dat die drie onderwysers wat saam gaan, moet inklim.  Daar word gelag, geskerts en grootgepraat.  Gaan ons dan nie vandag ons kragte teen ons vriende op Christiana meet nie.  Alles is in die haak.  Singende vertrek ons:  Vryburg MOET weet dat die ou Skooltjie weer Írens gaan speel!

SATERDAG, 3 MEI, 3 UUR LATER
'n Inmekaargedrukte wrak by 'n spoorwegoorgang.  Verminkte jong seuns wat rondom lÍ.  Vier dooies.  Agt ernstig-beseerdes.  Talle met ligte beserings.  Skrikbevange seuns met verflenterde klere wat doelloos ronddool.  Gekreun.  Geween.  Die Dood was op die Pad.

 *                              *                              *

Saterdag, 3 Mei, ons sal jou nie vergeet nie.  Hy het ons uit die hoogstes na die dieptes gesleur.  Hy het ons in rou en wanhoop gedompel.  Jy het jou merk op ons ou Skooltjie gelaat.
 

Singende het ons Vryburg verlaat, die eerste en die tweede voetbalspanne.  Vir die eerste keer ry ons in 'n toe, militÍre vragmotor.  Voorin sit mnr. Van der Linde, die bestuurder, mnr. J. Calitz en mnr. J. Klue,  mnr. Calitz in die middel.  Mnr. S. M. klim soos gewoonlik agter by die seuns in.  Hy het die onafskeidelike Skoolvlaggie by hom.  Al die ander spelers en die drie seuns wat as toeskouers saamgaan, sit in die bak.  Die heelagterste kÍrels wil maklik sit, vou dus 'n kombers dubbel, plaas dit op die rand van die bak agter, en gaan daarop sit met hulle voete na binne.  So sit hulle:  Noel Dent, heel links, dan Bennie van Niekerk, mnr. S. M., Bennie Kuun, en in die regterhoek Bennie Kruger.

Buitekant die dorp word die singery gestaak.  Nou word daar gesels en oor die uitslae van vanmiddag se wedstryde gespekuleer.  Mnr. S. M. vertel 'n paar staaltjies oor vorige besoeke aan Christiana.  Deur Schweizer-Reneke word weer gesing.  Die Transvalers moet darem weet dis Vryburgers wat hier ry!  Ons volg nie die kortpad van Schweizer-Reneke na Christiana nie:  daar is te veel hekke, en die pad is gewoonlik nie goed nie.  Dus oor Bloemhof.

'n Paar myl duskant Bloemhof kom die eerste terugslag:  'n buiteband bars.  Op die oomblik dink ons dis 'n ernstige saak; ons wis mos nie watter vreeslikheid nog voorlÍ nie.  Al die seuns is tog maar te gretig om te help toe die noodwiel aangesit moet word.  Die onderwysers is eintlik in die pad, dus begin hulle op voorstel van mnr. Calitz in die rigting van die dorp loop.  Indien hulle nie voor die tyd weer ingehaal word nie, wil hulle 'n koppie koffie in die kafeetjie gaan drink.  Maar die ywer van die seuns maak kort proses met die oponthoud, en die onderwysers klim ongeveer 'n halfmyl van die kafee af weer op.

Was dit nie vir daardie buiteband nie, dan sou ons teen twaalfuur reeds in Christiana gewees het!

In Bloemhof sÍ mnr. Van der Linde dat die noodwiel nie styf genoeg is nie.  Hy hou dus by 'n garage stil, waar dit na sy sin gepomp word.  Die kafee is net langsaan, en mnr. Calitz doen aan die hand dat die verlangde koppie koffie nou gedrink word.  Die grootmense wil net naderstaan, toe hy hom weer bedink en vir mnr. S. M. vra hoe laat dit is.  Op die antwoord "Half-twaalf!" besluit mnr. Calitz dat dit reeds te laat is, en ons liewers moet aanstoot.

Het daardie koffiedrinkery maar net plaasgevind! ...

Maar dit kon nie, dit mag nie, want voor lÍ die spoorwegoorgang by Ferndale en wag op sy prooi.  Die tyd dat die niksvermoedende slagoffers daar moes aanland, is tot op 'n sekonde haarfyn uitgewerk deur 'n onverbiddelike Noodlot.  En niks moet tussenby kom nie.

Singende is ons deur Bloemfhof.  Later ry ons parallel met die treinspoor.  Die pad en die treinspoor lÍ 'n entjie van mekaar.

Ons nader die onheilsplek.

Daar anderkant kan die drie voorin 'n trein sien, maar hulle kyk reg van voor in die lokomotief vas.  En dan lyk dit mos almelewe of 'n trein staan.  Maar dit maak ook nie saak nie; die hekke by die oorgang is mos toe!  Die ander insittendes weet nie van die trein nie, want die vragmotor se kap verhinder die uitsig.

Net soos 'n mens by die oorgang kom, maak die pad 'n skielike draai na links.  Nou kan die wat heelagter op die rand van die bak sit, ook die trein sien, maar ook reg van voor.  Bennie van Niekerk wil nog iemand anders dieper-in terg en sÍ:  "Haai, jy wat nog nie 'n trein gesien het nie, daar is een!"  Dit was die laaste woorde wat hy ooit op aarde sou sÍ.  Arme Bennie.

Arme Bennies.  Hul tydjie was om.

Mnr. S. M. wat regoor die trappie sit, staan op om af te klim, want die hek is mos toe, en ons is moeg van die sittery en wil 'n bietjie uitrek.

Maar die Noodlot wou dit anders hÍ.

'n Seun kom die hek oopmaak.

Die arme kÍreltjie.  Hy wil seker 'n guns aan die bestuurder bewys.  Hy het sy Pa stasie toe gebring, en hulle wag al so lank op die trein.  Hy verveel hom want die trein wil maar net nie kom nie.  A, hier kom 'n vragmotor!  Ek sal vir hulle die hek oopmaak.

Hy doen dit.  'n Noodlottige daad.

Die bestuurder wat onder die indruk moes verkeer het dat die trein staan, glo nou vas dat dit die geval is, want maak die kÍreltjie dan nie die hek vir hom oop nie?  Dus, net toe hy op die punt gestaan het om stil te hou, ry hy weer verder.

Mnr. Calitz en mnr. Klue merk nie onraad nie.  Hulle is vas onder die indruk dat mnr. Van der Linde uit erkentlikheid teenoor die seun net deur die hek wil ry en dan gaan stilhou - nog 'n veilige distansie van die spoor af.

Te laat besef hulle dat die bestuurder van plan is om oor te steek ...

Die goederetrein het nooit gestaan nie, maar teen 45 m. p. u het hy deur die stasietjie gestoom.  Net voor die lokomotief skakel die motor af - op die spoor.  Daar was 'n geweldige slag toe die yslike gevaarte die vragmotor net langs die voorwiele skep.  Met diť wat hy die voordeel van die vragmotor van die spoor af wegstamp, ruk hy die bakdeel agter binnetoe.  Die niksvermoedende seuns word onmiddellik in alle rigtinge uitgeslinger.

Die drie Bennies in die trein vas.  Die ander die hele wÍreld vol.

Verskrikking.  Verminking.  Gekreun.  Geween.

Die Dood is op die Pad.

 *                              *                              *

Maar ons trek 'n sluier oor die afgryslikhede van daardie chaotiese eerste minute wat op die slag gevolg het.  Mag God gee dat ons nooit weer so iets oorkom nie.

In die verwarring het diť wat kon, mekaar probeer help so goed soos hulle kon.  Gelukkig het motors later op die toneel verskyn.  'n Passasierstrein het stilgehou.  Vroue en mans het te hulp gesnel - engele van genade wat verligting kon bring in hierdie hel.  Die polisie en dokter is ontbied.  Maar Bennie van Niekerk en Bennie Kuun was dood.  Op die slag gedood.  En Bennie Kruger en mnr. Van der Linde was sterwende.  Miskien ander ook.  Wie wis?

Later het mnr. S. M. daarin geslaag om met behulp van mnr. Blackie van Warrenton wat op die passasierstrein was, Vryburg telefonies vanaf Wildhoen, die volgende stasietjie, van die ramp in kennis te stel.  Intussen is besluit om die agt wat erstige beserings opgedoen het, na die Klerksdorpse hospitaal te vervoer.  Met die passasierstrein.  Teen hierdie tyd het Bennie Kruger en mnr. Van der Linde ook die laaste asem uitgeblaas.

Die ander is eenkant-toe geneem.  Nadat die trein vertrek het, is hulle met motors na Bloemhof gebring waar hulle in die hotel versorg is.  Hier het mnr. S. M. verslag aan die polisie gedoen oor elkeen se beserings.

Eindelik het die eerste Vryburgers opgedaag...

 *                              *                              *

Die onheilstyding het soos die weerlig in Vryburg ingeslaan.  Verwarring het onstaan.  Oordrewe gerugte het versprei.  Arme ouers!  Hulle wis nie die lot van hulle kinders nie.  Geen wonder dan dat motors teen die hoogste spoed na Bloemhof gesnel het nie!  Mnr. de Jongh, mnr. du Plessis, koshuisvader, en mnr. du Plooy was van die eerstes wat op Bloemhof aangekom het.  Die lykskouing is by die dodehuis gehou, en mnr. du Plessis het die verongeluktes offisiŽel uitgeken.  Die ander is teen die laatagtermiddag en aand per motor en die ambulans na Vryburg gebring.

Ons Skoolvlaggie het in die ramp verlore geraak.

Mnr. de Jongh-hulle is die aand nog deur na Klerksdorp.  Daar het hulle gewag tot elkeen van die agt ondersoek is.  Toe mnr. van Rensburg verneem dat sy seun, Hans, ernstig beseer is, is hulle in allerhaas na Klerksdorp.  Kortby Wolmaransstad het hulle motor omgeslaan, en moes hulleself in die hospitaal aldaar behandel word.

 *                              *                              *

Die insittendes van die vragmotor:

EERSTE SPAN
Hendrik Botha
Talbot Sadler
Noel Dent
Piet van Zyl
Ulendo Gresse
Bennie van Niekerk
Bennie Kuun
Bill van Eeden
Dirk Odendaal
Freek Pretorius
Hendrik Bruwer (Std. 8)
Ernst Nortjť
Louw van Wyk
Bennie Kruger
Hans Terblanche

TWEEDE SPAN
Naas Botes
Jochem Scholtz
Marthinus de Klerk
Nantes de Bruyn
Jaap Nieuwoudt
Adriaan de Jager
Jan van Tonder
Carl Wepener
Cornelius Swart
Hans van Rensburg
Philip Kruger
Hendrik Bruwer (Std. X)
Dirk Lourens
Piet Marais
Jan Lambrecht
Mnr. J. R. Calitz (Breier)
Mnr. J. Klue
Mnr. S. M. de Villiers
Mnr. G. v.d. Linde (Bestuurder van die vragmotor)

Ensajas van Vuuren
George van der Linde
Willie Burger

Van die 34 agterin is 32 uit die bak geslinger.  Net 'n drietal het sonder enige beserings uit die ongeluk gekom.  Die agt beseerders wat na Klerksdorp vervoer is:
Mnr. J.R. Calitz, Hendrik Botha, Talbot Sadler, Hans Terblance, Jaap Nieuwoudt, Hans van Rensburg, Freek Pretorius & Adriaan de Jager.

SONDAG, 4 MEI
'n Dag van onsekerheid, van bangheid, van bedruktheid.  'n Wolk hang oor Vryburg.

MAANDAG, 5 MEI
Die drie Bennies en mnr. van der Linde word weggelÍ.  Onder blyke van die grootste belangstelling en diepe rouklag.  Bennie van Niekerk en mnr. van der Linde is om 11 uur vanuit die NG Kerk, Vryburg, begrawe.  Die plaaslike winkels en kantore was vanaf 10:30 gesluit.  Alle seksies van die samelewing het gekom om die laaste eer aan die oorledenes te betoon.  Ruimte het in die Kerk ontbreek, en baie mense kon as gevolg die roudiens nie bywoon nie. 

Ds. Liebenberg het die diens gelei.  Hy is bygestaan deur Ds. van der Merwe van die Ger. Kerk, en Eerwaardes Blake en Pullen, van die Congregational en Engelse Kerke onderskeidelik.  Dr. Getz het namens die Zionistiese Gemeente 'n boodskap van medelye oorgedra.

Van die Kerk af het die langste lykstoet wat Vryburg nog ooit beleef het na die begrafplaas vertrek.  Vooraan het die skoolseuns geloop, gevolg deur die lykswa van Bennie, sy draers, en die skoolmeisies.  Dan die lykswa van mnr. van der Linde, en die res van die stoet.  By die graf het Ds. Liebenberg die verrigtinge waargeneem, en Ds. van der Merwe het 'n gebed gedoen.  As draers van Bennie het J. le Roux, J. Lambrecth, L. v. Wyk, B. v. Eeden, N. Dent en H. Bruwer opgetree.  Sy skoolmaats het hom vir oulaas 'n lied toegesing.  Later is aan die koppenent van die graf 'n mooi V.H.S. met blomme gepak.

Bennie Kuun is ook om 11 uur op Wartlaagte, sy oom se plaas, begrawe.  Ds. Conradie van Stella en Ds. Oosthuizen van Kerkplaas het die diens gelei.  Dirk Odendaal, J. Reyneke, W. Mostert, J. Kuun, W. Hodgeman en J. Mostert was die draers.  By die graf het Ds. Conradie weer 'n gebed gedoen.  Mnre. Nieuwoudt, Hough en Mostert het vervolgens 'n paar woorde gesÍ.  'n Koor het "Daar's bemindes in die hemel" gesing, en terwyl die graf toegegooi is:  "Veiling in Jesus Hoede."

Om 3 uur n.m is Bennie Kruger op Geduld, sy vader se plaas, ter ruste gelÍ.  Op die breŽ stoep van die plaashuis, waar die groot aantal kranse ook byeengebring is, en voor die stoep het die ongeveer 200 aanwesiges saamgekom.  Die roudiens is gelei deur Ds. Smit, die predikant van die Hervormde Kerk, Delareyville; bygestaan deur Ds. Liebenberg en Eerw. Blake van Vryburg.  Daarna is die oorledene na die graf gedra, die eerste entjie deur ses van sy skoolmaats, en verder tot by die graf deur ses familiebetrekkinge en vriende.  By die graf het mnr. J.F. du Toit, ouderling van die Delareyville-gemeente, die woord gevoer, en namens die familie is 'n dankwoord deur mnr. L. Fourie, gerig.

 *                              *                              *

Ons drie Bennies is nie meer nie.  Maar hulle lewe nog onder ons.

Bennie Kuun is op 23 Junie 1930, in Vryburg gebore.  Hier het hy begin skoolgaan, maar na sy ouers verhuis het, lÍ hy Std. 1 op Perdevlei, Reivilo, af.  Die volgende jaar is hy weer terug op Vryburg.  Hier het hy dan ook tot sy dood bly skoolgaan.  Van jongs af het hy sy opgeruimde geaardheid openbaar.  Hy was altyd 'n soet en gehoorsame kind, vol lewenslus, en orals bedrywig.  Sy liefde vir tuinbou en boerdery het gou geblyk, en dit was dan ook sy ideaal om eendag te boer.  Hy het nooit in 'n standerd gesak nie, en sou na hy die Senior Sertifiaat-eksamens afgelÍ het, vir 'n tyd op Kadebis in een van sy vader se winkels as bestuurder opgetree het.  Hy het dit voorheen reeds dikwels gedoen as sy ouers weg was.  Maar die plan was egter net om die nodige middele byeen te bring, sodat hy hom later op die boerdery kon toelÍ.  Drie weke voor sy dood is hy as lidmaat in ons Kerk voorgestel.

Bennie van Niekerk is op 8 Oktober 1930, in Vryburg gebore.  Sommer van vroeg af was hy 'n fris en woelige knapie wat 'n voorliefde gehad het om met 'n hammer en spykers te speel.  Hy het vroeg 'n paar noue ontkomings gehad.  Eenmaal het hy paraffien gedrink in die waan dat dit water was.  'n Ander keer het hy op Amalia op 'n windpomp geklim en is eers met baie moeite daarvan afgehaal.  Hy het al sy skooljare op Vryburg deurgemaak, en was 'n sportentoesias van die eerste water.  Afgesien van voetbal het hy tennis en hokkie gespeel, en was 'n knap swemmer en skut.  Hy het al die provinsiale voetbalspelers en vername boksers by name geken en graag met sy vader oor hulle gesels.  Sy stokperdjie was om modelvliegtuie te bou.  Hy het 'n lewendige belangstelling in masjinerie, motors, vliegtuie en elektrisiteit gehad.  Hy kon elektriese installasies in die huis waarneem, en het eenmaal 'n miniatuur-bioskoop gebou.  Sy kennis van motorvoertuie was deeglik, en hy het in die laaste Desembervakansie in een van die plaaslike garages gewerk.  Hy wou ook dan eendag 'n vlieŽnier of 'n elektriese werktuigkundige word.  Bennie was altyd 'n stil, beskeie en aangename seun.

Bennie Kruger is op 17 Oktober 1930, op Rhenosterdoorns in die distrik Lichtenburg gebore.  Van kleins af het hy in boeke, waens en gewere belangestel, maar nie juis 'n groot voorliefde vir die boerdery getoon nie.  Hy het begin skoolgaan in die Lushof PrimÍre Skool en daar geleer totdat hy die St. Ses eksamen afgelÍ het.  In 1944 het hy na ons gekom en hom gou 'n baie flink leerling getoon.  Hy het St. viii en St. ix in die eerste klas geslaag.  Sy plan was om die volgende jaar 'n graadkursus aan P.U.K. te volg en hom as onderwyser te bekwaam.  In die vakansies het hy gewoonlik baie gelees en graag vir sy jonger suster skoolgehou.  Maar hy was ook altyd fluks met die plaaswerk.

 *                              *                              *

DINSDAG, 6 MEI
Die skool is aan die gang, maar 'n droewe atmosfeer rus orals.  Mnr. de Jongh is weg Klerksdorp toe.  'n Speurder en polisie is by die skool om beŽdigde verklarings af te neem.

'n Treurige week sleep met sware voete verby.  Die tyding van Klerksdorp is nie bemoedigend nie.  'n Enigste ligstraal is die feit dat ons nie alleen staan in ons droefheid nie.  Van heine en van ver, van naby, van orals stroom die simpatiebetuigings in, van oud-skoliere, van vriende, van ander skole, van bekendes en van onbekendes.  Almal voel saam met ons.  En daaruit kon ons 'n mate van troos put.  Maar dit was donker.

SATERDAG, 10 MEI
Menere de Jongh, Wessels, S. M. en Jochem Scholtz is Klerksdorp toe.  Die motor is vol eetgoed wat die kinders vir hulle ongelukkige vriende aldaar stuur.  In Klerksdorp word die besoekers aangenaam verras.  Afgesien van Hendrik Botha wat nog nie sy bewussyn herwin het nie, is die ander almal baie beter.  Dit gaan nog nie met almal heeltemal so goed soos hulle wil voorgee nie.  'n Mens kan merk hoe hulle probeer om die blinkkant voor te hou.  Hulle is vol lewe, selfs opgewek, en vir die eerste keer in 'n hele week voel 'n mens beter.  Die son skyn weer.

Freek Pretorius loop reeds buite rond.  Sy vader is daar om hom te kom haal.  Hy gaan sommer netnou huis toe.  Adriaan de Jager is die hulpvaardigheid self.  Hy stap van die een bed na die ander, help hier, terg daar.  Ook hy keer dieselfde agtermiddag saam met mnr. de Jongh na Vryburg terug.  Die manne vertel allerlei staaltjies.  Jaap Nieuwoudt laat net daar en dan vir mnr. S. M. plegtige belowe dat die sekondÍre span nie op Bray sal gaan voetbal speel voordat hy kan meedoen nie.  En daarby is sy gesig nog altyd taamlik verrinneweer!

Die verpleegsters getuig, hulle is 'n gawe klompie.  Hulle verwag om almal binnekort uit die hostpitaal te wees.

Net Hendrik Botha se toestand is nog onveranderd ...

IN DIE HOSPITAAL OP KLERKSORP
"Life is too short to be little", het ek gelees in 'n boekie uit die leesstof wat die goeie mense van Klerksdorp vir ons gebring het.  Dit som  vir my ons indrukke en gewaarwordinge in die hospitaal op.  Ons het soveel liefde, vriendelikheid, opoffering en simpatieke belangstelling ontvang dat ons moet glo dat daar nog oneindig meer goed as kwaad in die lewe is; dat die lewe nog mooi en die moeite werd is; dat dit te kort is vir kleinighede, vir selfsug.

Waar ons in vertwyfeling was oor die waarom van die gebeure en waar die tragiese daarvan diep in ons gemoedslewe ingegryp het, was hierdie mooiheid in die lewe vir ons 'n lig en 'n aansporing om ons lewens ook mooier en diensbaarder te maak; om soos die makoutjies van Jan Celliers "totdat ons dag word opgesÍ, net lief te hÍ, net lief te hÍ."

Die verpleegsters van die Klerksdorpse Hospitaal het ons bewondering afgedwing vir hulle altyd vriendelike, geduldige en simpatieke optrede.  Vir mooi jong dames om so baie te verdra en so hard te werk en nog so gaaf te bly, is seker hulle mooiste sieraad.  Ons kan hulle opoffering en liefdesdiens nie vergeet nie.  Vir ons was dit inderdaad:  "Little deeds of kindness, little thoughts of love - Make this earth an Eden, as the Heaven above."

Die Matrone se opgewekte vriendelikheid elke dag, en die Suster se strenge maar begrypende sorg, het ons leer waardeer.  Ons dokters, Drs. Radloff, Marais en Retief, het vertroue ingeboesem met hulle deeglikheid, vriendelikheid en gesonde sin vir humor.  Hulle was ons maats.

Van die publiek van Klerksdorp het ons die indruk gekry dat hulle enig van hulle soort is.  Voortdurend het hulle ons oorlaai met gunsbewyse.  Aan eetgoed, leesstof en blomme het dit ons nooit ontbreek nie.  Ons dink veral aan die verskillende skole met hulle hoofde en personele; aan die stasiemeester, mnr. Werth; aan die lede van die St. John's Ambulans op Klerksdorp.  Hulle almal se liefde, opoffering en onbaatsugtige diens was vir ons te wonderlik.

Aan Vryburg se mense ons innige dank.  Hulle telegramme, briewe, persoonlike besoeke en eetgoedjies het ons opgebeur in daardie moeilike tyd.  Veral wil ons baie dankie sÍ vir hulle belangstelling en die baie eetgoed.  Die HoŽrskool het ons so oorlaai met geld vir benodighede dat ons die grootste gedeelte nie kon spandeer nie. As leerlinge het ons ons onderwysers in 'n ander lig gesien - ook mense met gevoel en liefde vir die leerlinge.  "A friend in need is a friend indeed."

Ons moet 'n woordjie van innige waardering rig aan ons Hoof, mnr. de Jongh.  Ons alleen weet hoe ons sy teenwoordigheid daardie Saterdagaand op Klerksdorp waardeer het toe ons so oorbluf en verbysterd was.  Die kalme bedaardheid wat sy sigbare besorgheid oorheers het, het ons gerus laat voel.  Sy besoek die volgende Saterdag saam met mnr. Wessels en S.M het oneindig baie beteken om ons meer op te beur en te bemoedig.

Ek persoonlik moet 'n woordjie van lof rig aan die seuns wat deur hulle mooi gedrag, hulle hulpvaardigheid en hulle skoon sin vir humor 'n plekkie in die harte van die hospitaalpersoneel verower het, en die HoŽrskool se goeie naam hoog gehou het.

Die dood van ons drie maats maak ons stil en ons begryp die moeilik.

Met Tennyson in sy "In Memoriam" wil ons sÍ:
"Forgive my grief for one removed,
Thy creature, whom I found so fair.
I trust he lives in thee, and there
I find him worthier to be loved."

J.R.C

En so het die dae verby gegaan, en so het hulle stadig maar seker herstel.  Op 10 Mei het Freek Pretorius en Adriaan de Jager die hospitaal verlaat.  Op 13 Mei - Hans Terblanche, 14 Mei - Hans van Resnburg, 17 Mei - Jaap Nieuwoudt, 22 Mei - Talbot Sadler, 23 Mei - Mnr. J.R. Calitz, 3 Junie - Hendrik Botha.

*                              *                              *

Hendrik Botha se toestand het vir ons baie kommer veroorsaak.  Twaalf dae lank was hy bewusteloos.  Daar is vasgestel dat 'n deel van sy kopbeen ingeduik is en teen sy harsings druk.  Die dokters het as gevolg 'n operasie uitgevoer en 'n stukkie been verwyder.  Eindelik het hy bygekom en van toe af vinnig beter geword.  Op 3 Junie kon hy die hospitaal verlaat.  Aan die ouerlike huis het hy stadig maar seker herstel.  In Augustus is hy weer Klerksdorp toe.  Die dokters het 'n plaaitjie oor die plek waar die been verwyder is, ingesit.  Hendrik self wil al graag weer skool toe kom, en die plaaslike geneeshere meen dan ook dat dit miskien goed sal wees as sy gedagtegang deur die skoolwerk in beslag geneem kan word.  So mag dit gebeur dat hy vanjaar weer kom inval.  Toe die voetbalportrette vir die jaarblad geneem is, was hy teenwoordig.  Ons is tog te dankbaar vir sy herstel.

*                              *                              *

Mnr. S.M., Noel Dent, Ulendo Gresse, Bill van Eden, Hendrik Bruwer (Std. 8), Louw van Wyk, Naas Botes, Marthinus de Klerk, Nantes de Bruyn, Carl Wepener, Willie Burger, Cornelius Swart, Philip Kruger, Dirk Lourens, Piet Marais en Jan Lambrecht het almal dadelik weer die skool besoek.

Maar begryplikerwyse wou die ouers na so 'n ongeluk graag hulle kinders in lewende lywe sien, en so is aan bogenoemde spannetjie verlof toegestaan om vir 'n paar dae huis toe te gaan.  Die meeste het dan ook van die geleentheid gebruik gemaak.

Op 7 Mei het George van der Linde (seun van die oorledene) teruggekeer.

Op 12 Mei:  Dirk Odendaal, Jochem Scholtz, Hendrik Bruwer (Std. X), Jan van Tonder, Esajas van Vuuren en Adriaan de Jager.

19 Mei:  Mnr. J. Klue

26 Mei:  Piet van Zyl en Ernst Nortjť

Op 14 Julie (Derde Kwartaal):  Talbot Sadler, Freek Pretorius, Hans Terblance, Jaap Nieuwoudt, Hans van Rensburg en mnr. J.R. Calitz.

*                              *                              *

Op 11 Junie het die geregtelike ondersoek op Bloemhof plaasgevind.  Menere Klue, du Plesses en S. M., en Noel Dent en George van der Linde is vanaf Vryburg as getuies opgeroep.  Hulle het per motor daarheen gereis.  Mnr. Vattie van Niekerk, Bennie se vader, het ook saamgegaan, asook Prokureur P. van Rooyen om 'n oog oop te hou ingeval 'n tegniese sakie opduik.  Mnr. Calitz wat toe aan die huis van mnr. en mev. Scott - laasgenoemde is sy suster - besig was om te herstel, moes ook van Ottosdal kom vir die ondersoek.  Die masjinis, stoker en kondukteur van die trein, die seun wat die hek oopgemaak het, en ander, het ook getuienis afgelÍ.  Die aand het mnr. Calitz saam na Vryburg teruggekeer.

(Graag sÍ ons dankie aan mev. de Wet en Solomon & Kie met wie se motors ons gratis na Bloemhof vervoer is.  Ook aan mnr. Piet van Rooyen was 'n hele dag kosteloos vir ons opgeoffer het.)

*                              *                              *

Die ou Skooltjie het deur diep waters gegaan.  Tog met Sy genade hou ons vol, en sal ons bo uit kom  Ons is 'n vreeslike slag toegedien.  Maar dit kon soveel erger gewees het.  Veronderstel maar net, die lokomotief het die bak van die vragmotor getref!  Ons moes offers bring.  Maar gelukkig het geeneen van die oorlewendes liggaamlike knoue weg nie; geeneen het 'n arm of been ens., verloor nie.  Daarom het ons soveel stof tot dankbaarheid - temidde van ons rou.

Langs hierdie weg wil ons dan dankie sÍ aan:

  1. Almal wat saam met ons gevoel het; wat skriftelik, telegrafies of mondeling met ons gesimpatiseer het;

  2. Die dokter en vriende wat op die moeilikste tydstip ons by Ferndale so gehelp het;

  3. Mev. van Rooyen van Wolmaransstad wat vir Bennie Kruger en mnr. van der Linde bygestaan het totdat hulle heen is;

  4. Die mense wat ons na Bloemhof vervoer het, en diť wat ons later na Vryburg gebring het;

  5. Die Bloemhoffers wat ons so goed versorg het;

  6. Die dokters, verpleegsters, vriende en besoekers te Klerksdorp;

  7. 'n Ieder en 'n elk wat gehelp het

Afgesien van die baie briewe en telegramme wat die ouers van die Bennies, die drie onderwysers en ook ander lede van die personeel persoonlik ontvang het, en waarin natuurlik ook meegevoel met die hele skool betuig is, is ook 'n groot menigte direk aan die Skool (en Skoolhoof) gerig.

BENNIE MEMORIAL SCHOLARSHIP
We salute the memory of our three young gentlemen and sportsmen, Bennie van Niekerk, Bennie Kruger and Bennie Kuun.  We owe it to them that their names shall be perpetuated in our School and that such good as may flow from the disaster in which they died, shall echo their names down the years to come.

We cannot erect a better Monument to their memory than the one that has been suggested and which is being launched as we go to the Press, namely a Scholarship bearing their name and devoted to the purpose of assisting deserving pupils from our School in the University education.

It is felt that the appeal which will be made for funds to establish this, our first Scholarship will meet with a ready response in every quarter.  We pledge the whole hearted support of the School itself, and of every teacher and pupil to the erection and maintenance of this Monument.

BENNIE GEDENKBEURS
Ons is dit aan die drie Bennies verskuldig dat hulle nagedagtenis in ons midde sal voortbestaan.  Ons voel ons kan nie 'n geskikter monument aan hulle nagedagtenis wy as die idee van 'n Studiebeurs wat hulle naam dra nie. 

Hierdie Bennie Gedenkbeurs word in die lewe geroep om verdienstelike skoliere van ons Skool te help met hulle universitÍre opleiding.  Ons vertrou dat die oproep wat gedoen gaan word om hierdie studiebeurs 'n werklikheid te maak by 'n ieder en 'n elk die beste ondersteuning sal uitlok.

Ons verseker u van die Skool se heelhartige ondersteuning aan die saak, van die vasberadenheid van elke onderwyser en skolier om die ideaal te verwesenlik en die voortbestaan van hierdie Monument aan ons drie Bennies te handhaaf.

*                              *                              *

KOSTE VERBONDE AAN DIE ONGELUK

Die mediese en hospitaalkoste verbonde aan die treinongeluk beloop tans £206 10s.  Die saak is nog nie finaal afgehandel nie, en vermoedelik sal die koste op £240 te staan kom.  Dit is die skool se morele plig om die koste te dra, en ons het dan ook onderneem om dit te doen.

Die personeel het besluit om 'n vergadering te belÍ met 'n verteenwoordiger van elke bestaande liggaam in die dorp.  Daar sal dan besluit word oor die prosedure wat gevolg moet word om die nodige fondse vir die saak in te vorder.  Intussen sal die skool met harlike dank enige bydrae van vriende wat voel dat hulle ons wil bystaan om die onkoste te dra, ontvang.

HERINNERING

Graag wil ons namens die HoŽrskool en ook namens onsself 'n kransie van herinnering lÍ op die grafte van ons drie leerlinge en vriende:  Bennie Kruger, Bennie Kuun en Bennie van Niekerk.  Hoe innig seer voel ons nie as ons terugdink daaraan dat hulle ons ontval is op so 'n manier dat ons nie 'n laaste woordjie met hulle kon wissel of hulle 'n laaste handdruk kon gee nie.  Maar tog hoe innig dankbaar voel ons dat ons die voorreg gehad het om hulle as leerlinge in ons skool te hÍ en hulle as vriende te leer ken:  Bennie Kruger en Bennie Kuun, twee baie groot maats, altyd so opgeruimd, vol grappe en lewenslustig; Bennie van Niekerk altyd so stil en besadigd - seuns wat met hulle hoŽ aspirasies en mooi ideale vir ons in die skool die grootste genoeŽ verskaf het en op die sportveld so belowend was.

Wat kon ons op daardie onvergeetlike tydstip aan hulle ouers sÍ, en wat kan ons vandag sÍ?  Saam met hulle ouers bly daardie een vraag:  Waarom? vir ons nog altyd onbeantwoord.

Totsiens, ons drie vriende.  In ons skool en in ons harte sal daar altyd die soetste herinneringe bly.

M. M. de Jongh

VIR ONS BENNIES SE BEMINDES

Benjamin, dis wat ons troetel;
Bennie bly maar op die knie.
Bly hier naby, Bennie,
Moet nie weggaan van die liefde nie.

Benjamin, Beminde,
Dis die naam wat al die winde ken -
Liefde wat verloor is; winde
Wie sal diť verlies weer wen?

Benjamin, Beminde,
Dis die naam van die geliefde;
Die verlies van die beminde,
Teerste seer van die gegriefde -
Bedroefdes, dood
Is maar vir 'n leeftyd groot;
Tyd maar blom-verganklikheid
In ons groei - aarde se skoot.